Welkom by NG Kerk Delmas-Wes!
 
 
 Sondag dienste:
  
  Eredienste: 09:00
  Kleuterkerk: 09:00 (4-6 jariges)
  Katkisasie: 10:15 – 11:15 (Gr. 1 tot 11)
  Jeug: 18:30
 
 Kontak besonderhede:

  Telefoon: 013 665 3366
  Faks: 086 589 3530
  Posadres: Posbus 315 Delmas 2210
  Epos: Ngdelwes@lantic.net
  Bank: ABSA Tjek 850590052 (Tak: 334244)

  Kerkkantoor is oop op Maandae, Woensdae, Donderdae en Vrydae, 
  08:00 tot 15:00

Nuus

Kom wees DANKBAAR saam met NG Delmas-Wes!

Hou hierdie spasie dop vir meer inligting oor ons DANKOFFERFEES vir 2015.

Sondag 30 Aug.2015 
Dankofferfees/Nagmaal diens om 09h00 
Die sangpaar Willie/Natasha Joubert gaan die diens waarneem. 
Offergawes sal opgeneem word. 




Woord vir 2015

Die Skrifgedeelte wat ons vir 2015 rig en stuur is Mattheus 9;35-38
v.35. Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek.  Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, ie evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak.  v.36. Toe Hy die menigtes sien, het hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie.  v.37. Hy sê toe vir sy dissipels: "Die oes is groot, maar die arbeiders min.  v.38. Bid dan die Here aan wie die oes behoort , om arbeiders uit te stuur vir sy oes."

Die RVO se oortuiging is die volgende:
Jesus besoek nog elke dag (ook 2015) dorpe en klein plekkies, soos Delmas.  Daarom wil ons Hom hierin volg.  Ons wil oral in Delmas die evangelie van die koninkryk verkondig.  Ons wil by mense en hulle behoeftes uitkom.  Soos Jesus wil ons bid vir genesing, redding en herstel. Soos Jesus wil ons deernis hê vir mense wat nog nie ontdek het dat hulle in Hom 'n Herder het nie.  Ons glo dat die oes in Delmas baie groot is, maar dat die arbeiders min is omdat die gemeente haarself nie ernstig genoeg opneem nie.  Ons gebed vir 2015 is dat die Here elkeen van ons sal oprig om juis dit te wees:  DISSIPELMAKERS!


2 Maart se JEUG byeenkoms.

  Cobus begelei Delmas Jeug om anders te dans.

  God is awesome.

   God is liefde, juig ons harte!

28 Februarie: Dumo X bak vetkoek galore!

  Het ons genoeg bestandele vir al die bestellings?

   Dit is geoefende hande hierdie.

   Daar's nie tyd vir opkyk nie!

     Knap gedaan Dumo X!!!


RVO Naweek 21-23 Feb 2014

  Die Raad Van Ouderlinge en hul gesinne kuier saam op Moosrivier om na   God te luister...

 
  Kom ons hoor wat is op God se hart vir die Gemeente.


   Ons het darem ook so 'n bietjie ontspan!

Ds. Evert Bergh en sy vrou Ranelda is sedert Januarie 2014 die nuwe leraars paar by Delmas-Wes NG gemeente. Marietjie, hul dogter studier tans teologie en Cobus hul seun is die gemeente se nuwe jeug leier.
 

 

 
 
11 Junie 2013 - "Kerse en Komberse" Pinksterfees Sangdiens


Sondag aand het 'n stampvol kerkgebou die bekende tenoor Kevin Leo verwelkom by Delmas-Wes se Paasfees Sangdiens.  Die geleentheid, "Kerse en Komberse", is gekombineer met 'n barmhartigheidsinisiatief om blikkieskos en warmgoed vir behoeftiges in te samel.  Die diens was in samewerking met NG Moedergemeente Delmas aangebied.  Verskeie kore vanuit ons gemeenskap het ook opgetree - onder meer die van Delmas Hoerksool, Laerskool Eloff, Heidi Kleuterskool en ons dorp se interkerklike koor, "Adore".  Met hordes brandende kerse en Kevin se bekoorlike stem het Delmas harte warm geklop.





























































10 April 2013 - Oggend-tee met Elise Bosch


















Delmas-Wes se Barmhartigheidsdiens het gisteroggend 'n oggend-tee aangebied met Elise Bosch as gasspreker.  Elise is welbekend vir haar opheffingswerk in Hillbrow en as skrywer vir onder andere LIG Tydskrif.  Die oggend het ook die geleentheid gebied om fondse en benodigdhede vir ons Barmhartigheidsdiens se projekte in te samel. 

"Elise het met ons gedeel van die verskillende mense wat oor haar pad kom, net soos in die verhale wat sy vir die Lig Tydskrif skryf. Ons was aangedaan deur hierdie ware lewens verhale. Elise het gese dat al kry die mense swaar, is daar HOOP. Jesus sorg vir almal, al is dit nie hoe ons gedink het dit moet wees nie, maar HY SORG! Baie dankie aan elkeen wat gekom het om na Elise te luister. Dankie vir die komberse, klere, boeke en kruideniersware wat gebring is en geskenk word aan die behoeftiges in Hillbrow! Dankie vir die bywoning en al daardie skenkings....wonderlik!!"  - Daleen Fasen (Ouderling: Barmhartigheidsdiens)




























24 Februarie 2013 - DJ Gesinsdiens

Op 24 Februarie het Delmas-Wes 'n gesinsdiens gehad, waar al ons kinderkerke saam in die hooferediens betrek is. Die diens was gelei deur Wynand Coertzen van Transforming Kids en die DJ-span van Delmas het bygestaan met die lof en aanbidding. Na die diens is die jongspan met roomys bederf! Dankie aan Delmas Jeug en Wynand vir hierdie geseende geleentheid!

























26 November 2012 - Delmas Christusfees!

Gisteraand het die Delmas gemeenskap saamgetrek vir 'n buitelug Christusfees, aangebied deur Delmas-Wes, voor die dorp se Pick 'n Pay.  Meer as 800 mense het die samesang, kore en lof en aanbidding saam geniet.  Hierdie geleentheid het gedien, in die woorde van Ds. Gawie Snyman, as " 'n herinnering dat ons as kerk die roeping het om die wonderlike nuus van die evangelie nie net in kerkgeboue en binnekringe gevange te hou en te waardeer nie maar om dit te dra na elke hoekie en draaitjie in Delmas."  Dankie vir elkeen se bydrae tot 'n baie geseende byeenkoms.  Alle eer aan Jesus!

































7 November 2012 - Gemeente vier nuwe belydende lidmate





















Op 28 Oktober het Delmas-Wes se 2012 Belydenis-klas belydenis van geloof afgele.  Elkeen van die 18 kandidate het 'n persoonlike getuienis voor die gemeente gegee.  Die afgelope Sondag, 4 November, het ons nuwe groep belydende lidmate vir die eerste keer saam met die gemeente Nagmaal gevier, en het almal saam by die Nagmaaltafel aangesit.  Ons is baie trots op hierdie mooi jongmense!

























24 Oktober 2012 - REVEAL by Delmas-Wes

Op die 3 November begin Delmas-Wes met die Willowcreek REVEAL opname.  REVEAL is 'n uitstekende hulpmiddel om die vlakke van geestelike groei in ons gemeente te bepaal en is al in meer as 500 gemeentes wereldwyd gedoen.  Lidmate gaan die geleentheid he om die opname op die internet (via epos of Facebook) te doen.  Vir diegene wat nie toegang tot die internet het nie, bied ons twee opsies:  (a) Daar sal op Sondag, 4 November, asook Sondag 11 November, laptops in die konsistorie wees waarop mense die peiling na die erediens kan voltooi.  (b) Daar sal ook gedrukte kopieë van die REVEAL peiling beskikbaar wees, wat die kerk se sekretaresse sal invoer.  Kontak gerus vir Martin indien jy enige ander navrae of behoeftes het.  Ons maak daarop staat dat soveel as moontlik van ons lidmate aan hierdie opname deelneem!












10 September 2012 - "Jerusalem!" neem afskeid!

















Na maande se harde werk en uiteindelik agt geseende, stampvol vertonings het Delmas se 2012 gemeenskapsproduksie, "Jerusalem, Jerusalem!" Saterdagaand 'n emosionele afskeid gehad.  Vanaf 30 Augustus tot 8 September is gehore van regoor die land aangegryp deur die opregte rollespel, roerende musiek en betowerende effekte wat Delmas-Wes se kerkgebou gevul het.  Die laaste vertoning het geeindig met bedankings vir die Sentrale Kommittee (Delmas leraars), die regisseur, Elna Schoeman, die musiek-regisseur, Jo-retha Rossouw, en vele ander rolspelers in die tegniese, administratiewe, bemarking en geestelike aspekte van die produksie.  Pastoor Wouter van der Merwe het verrigtinge finaal afgesluit met 'n gebed van dank vir die Here se seen oor die projek.  Halleluja!












































































20 Augustus 2012 - DANKOFFERFEES!

Eerskomende Saterdag, 25 Augustus, is dit Delmas-Wes gemeente se jaarlikse Dankofferfees!  Hierdie jaar beloof om groter as ooit te wees: Heerlike kosse, verruklike nagereg, goedkoop vleis, 'n plaasstal, 'n teetuin, speletjies, springkastele, "Sand art", Bulletjie rugby, Mini-hokkie, Pom-pom meisies, 'n kragman-kompetisie en nog soveel meer! Op Delmas Hoerkool se rugbyveld - kom deel in ons vreugde!!




8 Augustus 2012 - "Jerusalem!" voorbereidings goed op dreef




















Die sewe gemeentes betrokke by Delmas se 2012 gemeenskapsproduksie is kliphard aan die oefen vir "Jerusalem, Jerusalem!" wat op die 30ste Augustus afskop.  Hier is al die rolspelers saam in 'n foto in Delmas-Wes se kerkgebou, waar hierdie heerlike gebeurtenis gaan afspeel.





22 Jullie 2012 - Amor vroue-bouspan en Latterhouse besoek Delmas-Wes

Ons eerste erediens van die derde kwartaal was 'n wonderlike byeenkoms van, letterlik, nasies regoor die wereld.  Amor - wat tans huise bou in Botleng - se vroue-bouspan ("Women of strength") het ons erediens bygewoon en het ook meer van hul organisasie se geskiedenis met ons gedeel.  Die span bestaan uit vroue van onder andere Amerika, Brittanje, Australie en Korea.  Op dieselfde oggend het ons gemeente die Botleng jeugkoor, Latterhouse, in ons kerk verwelkom.  Hul oorgawe en passievolle sang was inspirerend.  Dankie vir almal wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.
























4 Julie 2012 - Sop by pensioendag Bybeltafel

Baie dankie aan almal wat 'n pot sop geskenk het om by die pensioendag Bybeltafel gister uit te deel!  Ons het tien groot potte sop binne 'n uur of wat uitgedeel.  Hier is 'n paar fotos...













Tannie Clana bedien 'n man wat omtrent twee keer langer as sy is!













Lekker warm sop op 'n koue wintersoggend












Ons plaaslike nar in die hoek verskaf die nodige vermaak













Jana Smit hard aan die werk












'n Nadere kykie van die dik geurige sop wat ons bedien het







20 Junie 2012 - Geen audio-preke

Weens 'n tegniese probleem het ons ongelukkig geen mp3-preke van die afgelope twee Sondae nie.  Ons vra om verskoning vir die ongerief.

 


11 Junie 2012 - Herfsland se dankie!

Baie dankie aan almal wat komberse en warmgoed geskenk het vir ons Barmhartigheidsbediening se projek van die maand.  Tannie Sjannie het dit vanoggend by Herfsland uitgedeel waar dit met opwinding en waardering ontvang is.