Delmas-Wes gemeente verstaan sy plek en rol in die gemeenskap deur die volgende drie kern-simbole:

Ons gemeente as ʼn HAWE

In ʼn hawe vind daar opbou en herstel plaas.  Dit is ʼn plek waar daar veiligheid en rus is.  Maar ʼn boot bly nie in die hawe nie – daar word bote opgeknap en toegerus sodat hul weer uitgestuur kan word.


Ons gemeente as ʼn BOOM

Delmas-Wes wil ʼn boom wees, diep geanker langs die ware Waterstroom.  By hierdie boom kan die wat moeg is kom rus en skuiling vind.  En die lewe wat die boom bied behoort aan almal:  oud en jonk, ryk en arm, mense van alle rasse en kultuurgroepe.


Ons gemeente as PELGRIMS

Ons is pelgrims, oppad na ʼn beter bestemming.  As ʼn span soek ons saam na die regte pad en ons help mekaar om hom te stap:  Ons deel mekaar se vragte, ons tel diegene wat struikel weer op en ons bemoedig mede-pelgrims wat deur donker plekke loop.